ECN soek nie aansoek via sosiale media-plasing nie

‘n Plasing wat op sosiale media en in WhatsApp-groepe versprei word oor vakatures by die Verkiesingskommissie, is vals. Die plasing moedig mense aan om op ‘n skakel te klik en dan die beskikbare poste te kan sien. Die kommissie sê hy werf nie op die manier aansoeke nie en volgens Fact Check Namibia, is daar ook talle spelfoute. Lede van die publiek word gemaan om nie op verdagte skakels te klik nie en om nie privaat inligting te deel nie.