ECN se Shaama was nie in China nie

Die Namibiese Verkiesingskommissie is omgekrap deur aantygings dat sy uitvoerende hoof Peter Shaama blykbaar saam met Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa in China was. Die kommissie sê in ‘n verklaring dat die aantygings vals is. Daar was berigte dat Shaama China besoek het om stembriewe vir November se verkiesing te bekom. Volgens die kommissie, sal sy verkrygingsprosedures ingevolge die wet wees en sy hoof-mandaat, om regverdige, deursigtige en demokratiese verkiesings aan te bied, sy hoofdoel bly.