ECN sê oor uitslae na spesiale stemmery
Die spesiale stemme-rondte van die verkiesings is Woensdag afgehandel, met Namibiërs in die buiteland en personeel van die sekuriteitskluster asook seegaande werkers wat gestem het. Uitslae van die spesiale stemme is wyd op sosiale media versprei, waarvolgens Swapo 61 persent van stemme gekry het, gevolg deur die IPC met 27 persent en AR met 12 persent. Daar is egter kommer uitgespreek oor die legitimiteit van hierdie uitslae. Zenia Klazen, die Namibië Verkiesingskommissie se operasionele direkteur, het op ‘n perskonferensie gesê die uitslae op sosiale media is nie die finale uitslae nie. Sy verduidelik.