ECN sê oor NEFF, NEFF vra toestemming vir optog

Die Namibiese Verkiesingskommissie sê hy het al die nodige bepalings ingevolge die wet, vanaf 26 November 2021 aan die NEFF-party gekommunikeer en eers op 19 Desember2023, twee jaar later van die party gehoor. Dit kom na die party gederegistreer is. Hy het die party se boeke uiteindelik geëis, na talle uitstelle, teen 10 Mei vanjaar en nie 30 Junie soos die party sê nie. Intussen het NEFF reeds die polisie vir toestemming vir ‘n optog op 5 Julie gevra. Hy wil van die kommissie se kantore opruk en daar bly tot hy weer geregistreer is.