ECN sal hou by NEFF se hof besluit, maar…

Die Namibiese Verkiesingskommissie sê hy sal hom by die hof se uitspraak, dat die Namibia Economic Freedom Fighters wel aan die November-verkiesings mag deelneem, hou. In ‘n verklaring sê die kommissie hy het reeds Maandag met die party in die verband vergader. Maar, hy voeg by, dat die NEFF-party moet voldoen aan al die wetgewing se vereistes en sou hy nie sy state indien nie, sal die kommissie sy befondsing vir sy parlementêre setels onttrek. Die kommissie het die party in Junie gederegistreer wat deur die party in die hof uitgedaag is en in September deur die hof omgekeer is.