ECN: Drie politieke partye is onaktief sedert 2014

Die Verkiesingskommissie van Namibië sê hy het suksesvolle vergaderings met vyf politieke partye gehad, naamlik die Republican Party of Namibia, Swanu, die Workers Revolutionary Party, die United Democratic Front of Namibia en die United People’s Movement. Intussen het die kommissie ‘n beroep op drie politieke partye, die Democratic Coalition of Namibia, die Federal Convention of Namibia en die Namibia Democratic Movement for Change, gedoen om voor 30 Junie met hulle in verbinding te tree. Dié partye is geregistreer, maar het sedert 2014 nie aan verkiesings deelgeneem het nie.