ECN-amptenare teen 13:00 steeds afwesig vir 12:00 vergadering, partye draai op Swapo

Chaos het by die Namibiese Verkiesingskommissie se kantore in die hoofstad uitgebreek en teen een-uur vanmiddag het die kommissie se bestuur nog nie opgedaag vir die 12-uur vergadering wat hy geroep het met verteenwoordigers van die politieke partye nie. Verskeie afgevaardigdes van die partye het hulle hulle  frustrasie en woede teenoor Swapo gewend, wat verteenwoordig was deur sy sekretaris-generaal Sophia Shangingwa. Kosmos 94.1 Nuus hou jou op hoogte van die verwikkelinge deur die middag.