ECB veroordeel ook NamPower-beurtkrag, maar sê verbruikers moet betaalJune 17, 2023

Die Elektrisiteitsbeheerraad het in ‘n verklaring sy misnoeë uitgespreek oor NamPower se toepassing van beurtkrag by plaaslike owerhede en streekskragvoorsieners met uitstaande skuld. Die maatskappy het op 5 Junie beurtkrag begin toepas om skuld van rondom 1 miljard Namibiese dollar in te vorder. Dit is uiteindelik opgehef tot einde Augustus vanjaar na die regering ingegryp het. Volgens die raad se hoof uitvoerende beampte, Robert Kahimise, is dit kommerwekkend dat noodsaaklike dienste, wat gesondheidsfasilitiete, sowel as skole en meer, deur die onderbrekings geraak is. Die raad kan ook nie so stap ondersteun wanneer dit kliënte wat geen skuld het nie, raak. Maar, Kahimise doen ook ‘n beroep op owerhede, en klein- en grootskaalse verbruikers om hul rekenings te betaal. Hy voeg by hy is ingesluit in die span wat oplossings vir die kwessie sal ondersoek.