ECB sê later oor kragtariewe, ‘dis goeie nuus’

Die Elektrisiteitsbeheerraad hou vanmiddag om vier-uur ‘n mediakonferensie oor die publieke oproer oor verhogings in elektrisiteitstariewe wat verlede week bekend gemaak is en Maandag in werking getree het. Die raad sê hy het verskeie belanghebbendes geraadpleeg vir ‘n oplossing om verbruikers te probeer beskerm en die bekostigbaarheid van elektrisiteit te verseker. Die raad se uitnodiging aan die media sê dit is inderdaad goeie nuus.