Eagles verloor laaste wedstryd teen Skotland

Die Richelieu Eagles het hulle vierde en laaste wedstryd in die IKR Mans Krieket Wêreldbeker Liga 2 kragmeting in Dundee, Skotland, teen Skotland met 138 lopies verloor. Die Skotte het 301 vir 6 in 50 boulbeurte aangeteken met die Eagles wat net 163 almal uit op 40,1 boulbeurte kon haal. Die reeks, waaraan Oman ook deelgeneem het is verby. Die Eagles het net een wedstryd, hul eerste, teen  Oman, gewen.