Eagles veg hard, maar verloor teen Engeland

Namibië se Richelieu Eagles het ten spyte van ‘n moedige poging, nie die Super 8-rondte van die IKR T20 Wêreldbeker-toernooi gehaal nie. Hulle het hul laaste wedstryd teen Engeland met 41 lopies verloor. Die reënverkorte wedstryd het drie ure laat begin en is op 10 boulbeurte elk vasgestel volgens die Duckworths Lewis Stern-metode. Namibië het eerste geboul, en Engeland het 122 vir 5 bereik. Namibië kon daarna net 84 vir drie op die telbord sit. Engeland, die verdedigende kampioene, is net-net deur na die volgende rondte nadat Australië vir Skotland geklop het.