Eagles klop Papoea-Nieu-Guinee in laaste opwarmwedstryd

Die IKR T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande en Amerika skop Sondag af en die spanning laai op. Namibië het in sy laaste opwarm-wedstryd Papoea-Nieu-Guinee met 3 lopies geklop, volgens die Duckworth-Lewis-Stern metode. Papoea-Nieu-Guinee het 109 vir sewe in 20 boulbeurte aangeteken. Die Eagles het 93 vir 6 in 16,5 boulbeurte behaal toe die wedstryd weens reën gestop is. Namibië het vier van sy vyf opwarm-wedstryde gewen. Hulle eerste toernooi-wedstryd is komende Maandag teen Oman.