Dwelmstransaksie loop lelik skeef in Simonstad
‘n Dwelmtransaksie waarby tot 700 kilogram kokaïen betrokke is, met die Bulgaarse mafia, ‘n Colombiaanse kartel en Wes-Kaapse bende, blyk om skeef te geloop het. News24 sê die polisie is doodstil oor die saak maar ‘n hoëvlak ondersoek is van stapel gestuur. ‘n Belangrike bendeleier van die 28’s blyk ontvoer te wees as vergelding vir die mislukte dwelmtransaksie ter waarde van meer as ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand. Die voorval het aan die kus by Simonstad plaasgevind en daar was ook ‘n skietery.