Dwelmsmokkelary – oud-dwelmbaas gesels oor metodes

Drie vermeende dagga-smokkelaars tussen die ouderdomme van 25 en 60 verskyn vandag in die Keetmanshoop-landdroshof nadat hulle tydens ‘n polisiesoektog op Tses in hegtenis geneem is. In ‘n ander voorval is ‘n sekuriteitswag van Keetmanshoop gearresteer nadat hy ‘n verhoorafwagtende gevangene besoek en glo ‘n koerant aan hom gegee het met ‘n okapi-mes binne-in. Toe die veiligheidswag deursoek is, is hy glo in besit van dagga gevind. Dwelms, veral dagga, vind die afgelope tyd met gemak sy weg na die Namibiese strate. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige hoof van Nampol se dwelm-eenheid, Hermie van Zyl, gesels om te verduidelik watter innoverende metodes smokkelaars gebruik om met dwelms by die grense deur te glip as hulle van buurlande af inkom…