Dwelms regoor die land gevind

Verskeie dwelmbeslagleggings is oor die naweek deur die polisie gemaak. Op Walvisbaai is twee Kubaanse vroue met 20 groot stukke crack-kokaïen, 7 kapsules MDMA en 6 gram skunk-dagga met ‘n totale waarde van 17 750 Namibiese dollar gevind. In Kalkrand is drie Namibiese mans en ‘n Namibiese vrou in hegtenis geneem nadat hulle tydens ‘n operasie op die dorp in besit van dagga en Mandrax-tablette gevind is. Op Okakarara is ‘n 23-jarige Namibiese man in hegtenis geneem nadat hy in besit van 9 gram dagga gevind is en op Oranjemund is drie Namibiese mans in hegtenis geneem nadat hulle met 16 sakkies dagga gevind is. By Otjondeka is  ‘n 53-jarige Namibiese man in hegtenis geneem nadat hy tydens ‘n soektog met meer as 2 kilogram dagga met ‘n totale waarde van 33 631 dollar gevind is.