Dwelmmisbruik, geslagsgeweld by universiteite getakel

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, stel vandag die geïntegreerde instrument teen maatskaplike misdaad, dwelmmisbruik en geslagsgeweld by die Universiteit van Kaapstad bekend. Die departement werk sedert 2015 nóú saam met hoëronderwysinstellings om hierdie misdade onder die land se studente te bekamp. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê hulle het deur vergaderings openbare en privaat universiteite, tegniese beroepsonderrig- en opleidingskolleges en openbare kolleges bereik.