Durban’s Super Giants boaan punteleer ná derde agtereenvolgende sege

Die Durban’s Super Giants is boaan die punteleer van die SA20 nadat hulle hul perfekte wegspring van die seisoen met ‘n derde agtereenvolgende oorwinning voortgesit het. Die span het die Joburg Super Kings op Kingsmead in Durban met 37-lopies geklop. Heinrich Klaasen het 64 tot die tuisspan se telling van 145 vir agt bygedra, voordat Reece Topley drie van die besoekers se paaltjies ingeoes en hulle tot 108 vir nege beperk het. Topley – van Engeland – was tevrede met sy vertoning: