Durban werk hard aan waterinfrastruktuur

Die eThekwini Munisipaliteit in KwaZulu-Natal is hard aan die werk om waterinfrastruktuur op te gradeer ten einde die volhoubaarheid van hierdie skaars, hoewel noodsaaklike, hulpbron te verseker. Die oorgrote meerderheid van die herstelwerk aan water- en sanitasie-infrastruktuur, wat groot skade gely het tydens die vloedrampe in April en Mei verlede jaar, is voltooi. Meer as 292 miljoen Suid-Afrikaanse rand is tot op hede aan die herstelwerk bestee. Die stadsbestuurder, Musa Mbhele, het ‘n spesiale span aangestel om watervoorsiening aan verbruikers te verbeter.