Dupont is weer perdfris en reg vir Bokke

Rugby: Frankryk se kaptein is terug. Antoine Dupont begin op skrumskakel vir die gashere in die langverwagte Wêreldbeker-kwarteindstryd Sondag teen die verdedigende kampioene, Suid-Afrika, in Parys. Hy het chirurgie ondergaan weens ʼn gebreekte wangbeen wat hy gedurende die groepwedstryd teen Namibië opgedoen het en het verlede week die groenlig gekry om weer te begin oefen. Volgens Dupont is hy gelukkig die besering het vroeg in die toernooi gebeur sodat hy betyds reg kan wees vir die uitspeelrondes. Hy sê hy is weer perdfris.