Duplikaatkieserskaarte beskibaar van 18 – 26 November

Die Verkiesingskommissie van Namibië het aangekondig dat die uitreiking van duplikaatkieserskaarte vir die komende verkiesings van 18 tot 26 November sal plaasvind. Die kommissie se streekverkiesingsbeampte, Ester Hipangelwa, het die aankondiging tydens ‘n konsultasievergadering met streeksbelanghebbendes in Omuthiya gemaak. Hipangelwa sê die uitreiking van duplikaatkaarte is vir kiesers is wat hul kieserskaarte verloor of beskadig het.