Dundee Precious Metals het groot planne

Dundee Precious Metals Inc. en Osino Resources Corp. het ‘n ooreenkoms gesluit ingevolge waarvan DPM ‘n 100 persent belang verkry in Osino se Twin Hills-goudprojek in Karibib sowel as ‘n uitgebreide eksplorasieportefeulje in Namibië. DPM voorsien ‘n gemiddelde jaarlikse produksie van 175 000 onse goud oor die eerste vyf jaar, met die eerste produksie in die tweede helfte van 2026. Dundee Precious Metals se president en hoof uitvoerende beampte, David Rae, het by ‘n inligtingsessie by Staatshuis verduidelik hoe die ooreenkoms Namibië sal bevoordeel.

Rae sê omdat hulle in Namibië gaan werk, sal hulle ten minste 70 persent van hul hulpbron-besteding plaaslik doen.