Duiwel is los in die ANC oor Zuma

Die politieke ontleder Dale McKinley is van mening dit is onwaarskynlik dat die ANC dissiplinêr sal optree teen Jacob Zuma. Die oudpresident het sy voorneme uitgespreek om nie stemme te werf of vir die ANC te stem in volgende jaar se verkiesing nie. Hy sal, in plaas daarvan, stem vir uMkhonto weSizwe. Zuma, wat reeds vir 64 jaar deel van die ANC is, beweer die party het respek vir Suid-Afrikaners verloor. McKinley het aan Newzroom Afrika gesê die ANC sal waarskynlik Zuma se boodskap ondermyn, eerder as om hom uit te skop.