Duitsland staan Afrika by, veral in droë gebiede

Die Voedsel- en Landbou-organisasie sê Duitsland se bydrae van 494 miljoen Namibiese dollar om toegang tot voedsel en basiese goedere aan droogtegeteisterde gebiede in Oos-Afrika-lande te verskaf, is prysenswaardig. Die fondse sal produktiewe lewensbestaan in verskeie gemeenskappe in Ethiopië, Kenia, Somalië en Soedan herstel, weens die hoë vlakke van akute voedsel-onsekerheid. Die organisasie sê meer as 22 miljoen mense benodig vanaf hierdie maand dringend humanitêre voedselhulp. Die organisasie sê dit gaan jare neem om van die droogte te herstel en humanitêre hulp sal na verwagting vanjaar hoog bly.