Duitsland skop Euro 2024 teen Skotland af

Sokker: Die gashere Duitsland skop vanaand Euro 2024 in München af, die begin van ‘n reis wat die driemalige kontinentale kampioene hoop op ‘n triomf sal uitloop in die eindstryd in Berlyn op 14 Julie. Na drie agtereenvolgende gru-toernooie, wat insluit uitskakeling in die groepfase by die 2018 en 2022 Wêreldbekers, pak Julian Nagelsmann se span die uitdaging om Duitsland weer onder Europa se swaargewigte te plaas. Dit is Duitsland se eerste groot manstoernooi as gashere sedert die 2006 Wêreldbeker. Die wedstryd skop 9-uur SA-tyd af.