Duitsland moenie volksmoord-kwessie probeer vryspring

Reaksie word ontvang op nuus dat die Europese Unie en Duitsland deur die KfW Ontwikkelingsbank ondersteuning aan die Namibiese landbouministerie se Program vir Kommunale Grond-ontwikkeling gegee het. Infrastruktuur ter waarde van 23,8 miljoen Namibiese dollar is aan kommunale boere in die Omusati-streek gegee. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, Deodat Dirkse, gepraat oor die vraag of die Duitsland hulp aan Namibië verleen om die kwessie van volksmoord vry te spring…