Duitsland hef Nord Stream 2 op

Die Withuis sê die ontwikkeling van die Nord Stream 2-pyplyn staan op die oomblik stil ná stappe deur Duitsland om die Oossee-gaspypleidingprojek te stop. Duitsland het die ondersese pypleidingprojek, wat ontwerp is om die vloei van Russiese gas direk na Duitsland te verdubbel, gestaak nadat Rusland twee wegbreekstreke in Oos-Oekraïne formeel erken het. Die projek met ‘n waarde van 11 miljard Amerikaanse dollar, is in September voltooi, maar het nog nie begin werk nie hangende sertifisering deur Duitsland en die Europese Unie. Die pyplyn was daarop gemik om energievoorrade vir Europa te diversifiseer.