Duitsland (en Namibië) het reuse-oordeelsfout begaan

Die kritiek deur president Hage Geingob teen Duitsland vir sy ondersteuning van Israel bly in die nuus. Die kenner van Namibiese politiek en navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa-instituut dr. Henning Melber stem saam met die opperhoof van die Ovaherero professor Mutjinde Katjiua dat Duitsland ‘n reuse-oordeelsfout gemaak het – nie net met Israel nie, maar met sy eie hantering van sy volksmoord in Namibië – ook met die uitlating van die geraakte gemeenskappe.