Duitsland befonds Lüderitz-ontwikkeling vir groenwaterstof-projek

Duitsland het sy befondsing van 1,1 miljard Namibiese dollar na Namibië uitgebrei om verskeie projekte in die land te finansier. Die bedrag sluit 100 miljoen dollar, sowat 5 miljoen euro in, om Lüderitz se ontwikkeling te ondersteun om die dorpsgrond uit te brei en gedienste erwe te verskaf. Welhencia Uiras, uitvoerende direkteur van die Nasionale Beplannings-kommissie, wat die ooreenkoms namens Namibië in Berlyn onderteken het, is steeds in Duitsland. Duitsland het in April belowe om ondersteuning aan die plaaslike owerheid van Lüderitz te bied om grondlewering te versnel, ter voorbereiding van die veelbesproke groenwaterstof-projek wat onderneem sal word. Die hawedorp sal ‘n groot aanvraag na behuising ervaar, aangesien die projek na verwagting 15 000 werksgeleenthede sal skep.