Duitsers bekommerd oor burger met doodsvonnis in Belarus
Duitse kanselier Olaf Scholz is bekommerd oor die saak van ‘n Duitse burger wat in Belarus ter dood veroordeel is. Duitsland se ministerie van buitelandse sake het verlede week bevestig dat Rico Krieger skuldig bevind is aan klagtes in verband met terrorisme en huursoldaataktiwiteite. Krieger het homself beskryf as ‘n nooddienswerker. Rusland se Tass-nuusagentskap, wat beeldmateriaal op die Belarus-1 staats-TV-kanaal aanhaal, berig dat Krieger die leier van Belarus, Alexander Lukashenko gevra het om hom te vergewe.