Duitse vervoerwerkers staak vandag, stelsel sal lamgelê word
Duitsland se vervoernetwerk sal na verwagting vandag grootliks tot stilstand kom, te midde van ‘n 24-uur-staking oor lone deur twee van die land se grootste vakbonde. Verdi, wat sowat 2,5 miljoen werknemers in die openbare sektor verteenwoordig, eis ‘n loonverhoging van 10,5 persent. EVG, wat ongeveer 230-duisend werknemers by Deutsche Bahn, Duitsland se nasionale spooroperateur, en ander busmaatskappye verteenwoordig, eis ‘n verhoging van 12 persent. Die vakbonde sê die eis vir hoër lone is om hul lede te help om die stygende lewenskoste in die land die hoof te bied.