Duitse vakmanskap-program aan die werk
Die Namibië Beleggingspromosie en Ontwikkeling-raad, in vennootskap met die Goethe-Instituut Namibië, het die Duitse Vakmanskap Konnek-program 2023 van stapel gestuur. Die program is ontwerp om Namibiese jeug toegang tot vakleerlingskappe in Duitsland te bied, deur die langdurige verhouding tussen die twee lande en Duitsland se dubbele vakleerlingskapmodel, wat bekend is vir sy praktiese benadering tot beroepsopleiding en vaardigheidsverwerwing, te benut. Die program poog om Namibiese jeugdiges tussen 18 en 25 jaar oud met Duitse opleidingsmaatskappye te verbind. Nangula Uaandja, hoof uitvoerende beampte en voorsitter van die raad, praat oor die voordele van die program.