Duitse toeris sterf in aanval in Parys

Iemand wat aan die Franse owerhede bekend is as ‘n radikale Islamitiese persoon met geestesprobleme het ‘n Duitse toeris noodlottig met ‘n skerp voorwerp in die Paryse middestad aangeval. Twee mense is ook gewond voordat die aanvaller in hegtenis geneem is. Die aanval naby die Eiffeltoring het gebeur op ‘n besige naweekaand. Frankryk is tans op die hoogste vlak van gereedheid vir aanvalle met spanning wat oplaai teen die agtergrond van die oorlog tussen Israel en Hamas. President Emmanuel Macron het medelye betuig met die slagoffer se familie. Franse teen-terreuraanklaers ondersoek die saak.