Duitse sokkerheld Mueller tree af
Die Duitse doelskieter, Thomas Mueller, het aangekondig hy hang sy stewels op na ‘n loopbaan van 14 jaar met die nasionale span na afloop van Euro 2024. Hy het in 131 wedstryde vir die nasionale span gespeel en 45 doele aangeteken. Mueller word 35 in September en was ‘n sleutellid van die Duitse span wat in 2014 die Wêreldbeker verower het, toe hulle Argentinië in ekstra tyd verslaan het.