Duitse president ‘respekteer nie Namibiërs’
Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die president van Duitsland, Frank-Walter Steinmeier, wat by die roudiens vir wyle president Hage Geingob gesê het dis tyd dat sy land Namibië om verskoning vra vir die volksmoord op die Nama’s en Ovaherero’s tussen 1904 en 1908. Steinmeier sê hy het laat verlede jaar met Geingob gepraat, wat wou hê dat Namibië en Duitsland ‘n gesamentlike verklaring uitreik. Dit moes onder meer Duitsland se aanspreeklikheid erken vir die volksmoord. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sima Luipert, ‘n aktivis van die Nama Tradisionele Vereniging, wat sê dat Steinmeier nie Namibiërs respekteer in ‘n tydperk van hartseer nie.