Duitse polisielid tydens klopjag op verregses gewond

‘n Duitse polisielid is gewond tydens ‘n klopjag wat deel is van ‘n ondersoek in sewe state na die verregse Reichsbürger-beweging. Die Duitse polisie het verlede jaar gesê hulle het ‘n beplande gewelddadige staatsgreep deur lede van dié beweging gefnuik. Die groep wou blykbaar ‘n afstammeling van die Duitse koninklike familie as nasionale leier van die land aanstel. Die Reichsbürger-beweging erken nie moderne Duitsland as ‘n wetlike staat nie.