Duitse hof reik arrestasie-lasbrief uit vir Steinhof-hoof

‘n Duitse hof het ‘n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, nadat hy nie in April by die Oldenburg-streekhof opgedaag het waar hy verhoor sou word nie. Jooste se prokureur het aan die hof gesê sy kliënt kon nie reis nie omdat hy sy paspoort aan Suid-Afrikaanse owerhede moes oorhandig. Hy staar strafregtelike aanklagte in die gesig wat vyf gevalle van rekeningkundige bedrog tussen 2011 en 2014 insluit. Die regskenner Ulrich Roux verduidelik wat die volgende stap vir Duitse owerhede sal wees.