Duitse aktivisme teen jagtrofeë wek kommer

Die regering van Botswana het sy kommer uitgespreek oor toenemende aktivisme in Duitsland, en by die  Europese parlement, teen die invoer van jagtrofeë. In ‘n verklaring sê die buurland se omgewingsministerie dat die spesies wat gelys is, al die diere insluit wat op sy jagkwotas is. Die impak sal enorm wees vir beide die regering se bewaringsinisiatiewe sowel as privaatsektor ondernemings in die land. So ook, in Namibië. Duitsers beslaan 36 persent van die land se trofeejagters gevolg deur die VSA op 19 persent en Oostenryk op 7 persent. Volgens die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging Axel Cramer beslaan professionele jagters tussen 3 tot 5 persent van buitelandse besoekers aan Namibië maar dra meer as ‘n kwart van die totale inkomste vir toerisme by. Volgens Cramer, is ‘n jagter ‘n lae-impak kliënt maar ‘n hoë-waarde toeris. Daar is meer as 600 geregistreerde jagplase in die land. In 2016, het die jagbedryf meer as 430 miljoen Namibiese dollar se inkomste gegenereer.