Duisende tronkvoëls in Nigerië vrygelaat, boetes afgeskryf
Duisende gevangenes is regoor Nigerië uit die tronk vrygelaat in ‘n poging om oorbevolking aan te pak. Die stap is deel van ‘n strategie deur die Nigeriese president Bola Ahmed Tinubu, wat vroeër vanjaar verkies is, om Nigerië se oorbevolkte tronke te ontlont. Oor die naweek is meer as 4 000 gevangenes vrygelaat wat in aanhouding was weens hul onvermoë om boetes te betaal. Maar, slegs gevangenes wie se boetes nie ‘n miljoen naira, of net meer as 22 000 Namibiese dollar oorskry nie, is vrygelaat en die boetes afgeskryf.