Duisende stap na verwoeste Valencia om hulp aan te bied

Die dodetal van die vloede in Spanje het tot 205 gestyg. Inwoners van die Valencia-streek is gewaarsku om gereed te maak vir nog reën en ‘n bykomende 1 000 soldate is geoormerk om te help met die reddingsoperasies. Vier streke, insluitend Valencia, bly op waarskuwing weens die risiko van reën en storms. Die aantal vermiste mense is steeds onbekend. Duisende mense uit onaangeraakte dele van die Valencia-streek het opgedaag met grawe, kos en water om hulp aan te bied. Baie was te voet en het etlike kilometers ver gestap om die verwoeste gebiede te bereik.