Duisende staan ​​tou om stinkende aasblom te sien

Duisende mense staan ​​tou in die Australiese stad, Geelong, vir die seldsame geleentheid om die sogenaamde aasblom te sien en te ruik. Dit het gister begin blom en sommige van die vyf-duisend besoekers op die eerste dag is van mening dit ruik soos ʼn dooie muis.  Die plant is inheems aan Indonesië en word as bedreigd beskou. Dit lewe ongeveer 40-jaar leef en blom soms net een keer elke tien jaar, met blomme wat hoogstens 48-uur hou. Tientalle botaniese tuine regoor die wêreld kweek die plant om dit te help bewaar.