Duisende spinnekoppe vrygelaat om spesie te red
Enigiemand wat bang is vir spinnekoppe het waarskynlik al nagmerries gehad oor reuse spinnekope wat rond loop en die land oorneem.
Om eerlik te wees, dit klink vir my soos ‘n nagmerrie. En dit lyk asof dit amper waar geword het, net miskien ‘n bietjie minder dramaties as sommige van die beelde wat ons brein optower.
Dit is omdat duisende reuse spinnekoppe, so groot soos ‘n menslike hand’ in die Verenigde Koninkryk rondkruip nadat ‘n dieretuin hulle vrygelaat het. Die ‘unieke spesies’ is spesiaal in individuele proefbuise grootgemaak (sodat hulle mekaar nie sou eet nie) en is met die hand klein vlieë gevoer.
’n Dekade gelede het die gewilde Chester-dieretuin duisende “fen raft” spinnekoppe (Dolomedes plantarius) vrygestel nadat hulle amper uitgesterf het. Hulle het op Facebook geskryf: “Tien jaar gelede het ons gehelp om DUISENDE REUSE-spinnekoppe terug in die VK vry te stel!
“Die spinnekoppe is net hier by die dieretuin geteel, en ons is baie bly om te rapporteer dat daar nou meer as 10 000 broeiende wyfies is… en hulle het pas die grootste paarseisoen op rekord gehad!” En vir diegene wat dalk nou so bietjie angstig raak, het hulle selfs bygevoeg: “Jy kan hulle nie mis nie, hulle word so groot soos jou hand! Maar moenie bekommerd wees nie ouens, terwyl hulle dalk aaklig klink, is die spinnekop ‘onskadelik’ en speel ‘n belangrike rol binne gesonde akwatiese ekosisteme.
Die spinnekoppe is geteel as deel van ‘n gesamentlike bewaring teling redding program in vennootskap met die RSPB (Royal Society for the Protection of Birds) wat gewerk het om hul natuurlike habitat te herstel. Tim Strudwick, RSPB Mid Yare natuurreservate-terreinbestuurder, het verduidelik: “Hierdie spinnekoppe het ‘n belangrike rol in die instandhouding van die ryk akwatiese diversiteit wat in die weidingslote op ons reservate voorkom. Die wyfies is indrukwekkend in grootte, maar ook pragtig – hulle is werklik spesiaal om te sien!”
Jy kan die spinnekop deur die opvallende wit streep wat langs hul liggaam loop. Hulle is ook ‘n bietjie anders as jou tipiese spinnekoppe, want eerder as om hul prooi in webbe te vang, lê hulle in wag met hul voorpote wat op ‘n watermassa rus. Die spesie het 15 jaar gelede amper uitgesterf nadat sy vleilandhuis vernietig is, maar nou skat die RSPB dat daar 10 000 broeiende wyfies regoor die VK is. Hulle het hul beste jaar op rekord. Die dieretuin het bygevoeg: “Ons is so trots op die rol wat ons gespeel het in hierdie ongelooflike bewaringsuksesverhaal, wat die oorlewing van ‘n spesie verseker wat voorheen op die randjie van uitwissing was.”