Duisende politiese misdade in Duitsland

‘n Rekordgetal polities gemotiveerde misdade het verlede jaar in Duitsland plaasgevind, deels aangevuur deur wêreldwye gebeure, insluitend die konflikte in Oekraïne en Gaza. Owerhede het verlede jaar 60 028 polities gemotiveerde oortredings geregistreer, teenoor 58 916 die vorige jaar. Die verslag, van Duitsland se binnelandse intelligensie-agentskap, sê daar was ‘n toename van 22,4-persent in misdade wat regse ekstremiste gepleeg het en misdade deur linkse ekstremiste het met 10,4-persent toegeneem. Daar was ook ‘n oplewing in anti-Semitiese misdade, wat vanaf net 33 die vorige jaar tot 492 gespring het.