Duisende haweloos na swaar reën in Kenia

Minstens 80 000 mense is regoor Kenia ontwortel ná die swaar reënval wat oorstromings en grondverskuiwings veroorsaak het. Kenia se adjunkpresident, Rigathi Gachagua, sê nooddienste is ontplooi om hulp te bied en gesinne wat gestrand is te red. Verder is daar ‘n multi-agentskap-span onder leiding van die Keniaanse-kuswag wat poog om liggame terug te vind. Hy het ‘n beroep op die publiek gedoen om die vloedwater te vermy en sê huise in laagliggende gebiede moet ontruim word. Die langdurige reënval sal na verwagting tot in die eerste kwartaal van volgende jaar voortduur.