Duisende doen (weer) aansoek vir 750 poste by Nampol

Een dag na Werkersdag herdenk is het 2 000 werksoekers vir 750 poste wat deur die Namibiese polisie geadverteer is, opgedaag. Die poste,  kadet-konstabels, se aansoeke het Dinsdag gesluit. Aansoekers moes tussen die ouderdomme van 18 en 35 jaar wees. Volgens plaaslike media is meer as 7 000 aansoeke voor gister, net in Windhoek, ontvang. Dit raak al hoe meer algemeen vir honderde om op te daag vir werk wat geadverteer is en die probleem is nie nuut nie. In Oktober 2019 het 3 000 mense opgedaag vir 9 skoonmaker-poste by Sentraal Hospitaal. Jeugwerkloosheid, wat sommige meen op 50 persent staan met amptelike maar verouderde syfers rondom 40 persent, word ‘n toenemende uitdaging vir die regerende party.