Duisende doen aansoek vir 48 tydelike poste

Duisende werklose kandidate het na die Zambezi-streeksdirektoraat van veeartsenydienste gestroom om ‘n kans te hê op 48 tydelike poste in ‘n oënskynlike loting. Stukke papier met die woord ‘ja’ of ‘nee’ daarop geskryf sal bepaal of ‘n posisie gekry is of nie. Die 48 gelukkige suksesvolle werksoekers sal vir drie maande in diens geneem word as deel van ‘n jaarlikse massa-inentingsveldtog vir vee. Daan Strauss, die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die feit dat duisende mense opgedaag het, is ‘n aanduiding dat hulle desperaat is vir werk.