Duisende daag op vir Stad Windhoek-skuldverligting
Pensioenarisse en ander Windhoekse inwoners daag in getalle op om aansoek te doen vir skuldverligting by die Stad Windhoek. Die Stad het vroeër vandeesmaand aangekondig dat aansoeke om skuldverligting op kapitaalbedrae en rente verskuldig vir water en elektrisiteit op 15 April sal sluit. Die inisiatief sal voorsiening maak vir 100 persent verligting op kapitaalbedrae en rentekoerse vir pensioenarisse en 50 persent vir besighede en gewone inwoners. Die lopende rekeninge vanaf 1 Desember 2023, rente tot op datum uitgesluit, moet ten volle betaal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Lydia Amutenya, die woordvoerder van die Stad gepraat,