Duisende bied aan om pasgebore baba in Turkye aan te neemFebruary 10, 2023

Duisende mense het aangebied om die babadogtertjie aan te neem wat gebore is onder die puin van ‘n ineengestorte gebou in Noordwes-Sirië, ná Maandag se aardbewing. Die baba was luidens berigte steeds met haar naelstring aan haar ma verbind toe sy gered is. Haar ma, pa en al vier haar broers en susters is dood nadat die aardbewing die dorp Jindayris getref het. Aya, wat wonderwerk in Arabies beteken, is nou in die hospitaal. Sy is in ‘n stabiele toestand.