Duisend Afrika-pikkewyntjies vrygelaat
Die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls vier ‘n mylpaal na die vrylating van ‘n duisend pas-uitgebroeide Afrika-pikkewyne in die natuur vanjaar. Die stigting, wat die Afrika-pikkewyneiers in broeikaste uitgebroei het, beklemtoon sy noodsaaklike rol om die uitwissing van die bedreigde spesie te voorkom. Die stigting sê die prestasie benadruk sy deurlopende verbintenis tot die bewaring van seevoëls.