Duin 7-klagtes: Beter oplossings moet gevind word
Daar is klagtes oor Duin 7 op sosiale media geopper. ‘n Gebruiker sê hulle het 150 Namibiese dollar betaal om toegang te kry maar, daar is geen opknappings by die perseel gedoen nie en ook geen skaduwee-parkering vir voertuie nie. Daar was ook ‘n ekstra 2 dollar fooi vir die gebruik van die toilette. Plaaslike toergids Josepf Kafunda het sy mening gegee en sê beter oplossings moet gevind word, veral vir die plaaslike mark.