Duidelike stappe nodig om rampfonds-korrupsie te bekamp

Die Vryheidsfront Plus sê President Cyril Ramaphosa moet die stappe volledig uiteensit, wat die regering sal neem om korrupsie en bedrog met die ramphulpfondse in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te voorkom. Ramaphosa het aangekondig die regering bring ‘n oorsigstruktuur op die been om te verseker alle fondse wat aan die ramp toegeken is, word inderdaad daarvoor gebruik. Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê die regering moet seker maak geen fondse word gesteel nie: